Twee minderjarige meisies die naweek verkragSeptember 8, 2025
Twee minderjariges is die naweek in die Noorde verkrag. In die Ondangwa-omgewing is ‘n sesjarige meisie Vrydagmiddag vermoedelik deur ‘n 16-jarige beeswagter van Angola verkrag. Die slagoffer was besig om hul beeste uit bure se mahangu-veld te jaag toe die voorval plaasgevind het. Die verdagte is gearresteer. In die Oshivelo-area is ‘n 13-jarige San-meisie na bewering verskeie kere vanjaar deur ‘n 47-jarige buurman, ook San, verkrag. Hy is in hegtenis geneem en verskyn vandag in die landdroshof op Tsumeb.