Is dit tyd om die braaitang eers te bêre?September 9, 2025

Die Suid-Afrikaanse ekonoom Johann Biermann, bekend vir sy braaibroodjie-indeks, het nou ‘n braai-indeks geskep. Sy eerste ontleding, vir vier mense, toon dat so ‘n braai, sonder enige drankies, jou amper 856 Suid-Afrikaanse rand uit die sak sal jaag. Die braai sluit in lamlies-tjops, wors, hoender en rump-biefstuk in massas tussen 500 gram en ‘n kilogram. Elkeen kry ‘n mielie en braaibroodjie en daar is aartappels met mayonnaise. Die koste van die hout is ook ingereken.