Gesondheid het nog ‘n dagvaardiging in die hofSeptember 10, 2025
Daar is nóg ‘n skadevergoeding saak teen gesondheid in die hof. Elizabeth Mutilifa sê haar babadogtertjie is dood na geboorte na sy op 29 Januarie 2023 opgeneem is by die staatshospitaal op Otjiwarongo. Sy was tot 31 Januarie in kraam en die naelstring het tydens die geboorteproses geskeur. Mutilifa sê die personeel was nalatig omdat hulle haar geen bystand in die twee dae gegee het nie. Sy het ook ‘n bloedoortapping nodig gehad na geboorte en het ‘n infeksie opgedoen. Die fetus was onder stres en is uiters swak gebore en is daarna dood. Sy eis 1,2 miljoen Namibiese dollar. Die ministerie verdedig.