Katar sit regstappe teen Netanyahu aan die rolSeptember 10, 2025
Die skokgolwe na Israel se lugaanval op Hamas-leiers in Doha, Katar kring steeds uit. Katar se regering het ‘n regspan opdrag gegee om die Israeliese premier Benjamin Netanyahu verantwoordelik te hou vir die blatante verbreking van internasionale reg. Die Europese Kommissie-president, Ursula von der Leyen, sê die EU kan bilaterale steun vir Israel weerhou, as deel van voorgestelde maatreëls wat sanksies op “ekstremistiese ministers en gewelddadige setlaars” insluit, asook ‘n gedeeltelike opskorting van handel.