NamPol, NDF wapens: 8 verskyn stil-stil in Augustus in streekshofSeptember 10, 2025
Die verslag van die Global Initiative Against Transnational Organised Crime oor wapens van die Namibiese polisie en weermag wat bendegeweld in die Wes-Kaap aandryf, is steeds in die nuus. Wat aan die lig gekom het, wek kommer omdat die media nooit ingelig is nie, of die aangeleentheid is versteek. Nege individue is in die Windhoek-streekshof op 16 klagtes aangekla vir die diefstal van 16 militêre wapens, insluitend AK-47’s, van die NDF met die doel om dit na Suid-Afrika te smokkel. Dit sou in Augustus voorgekom het maar sommige beskuldigdes se regslui het nie opgedaag nie en die saak is uitgestel. Tot wanneer weet niemand. Die organisasie sê een van die beskuldigdes is ‘n werknemer van een van die Suid-Afrikaanse vervoermaatskappye wat betrek word. Die agt het die wapens by militêre kontakte gekry.