NamPol, NDF wapens dryf Kaapse bendegeweld aanSeptember 10, 2025

Die Global Initiative Against Transnational Organised Crime organisasie het ‘n verslag gepubliseer waarin beweer word dat bendegeweld in die Wes-Kaap aangevuur word met wapens van beide die Namibiese polisie en die weermag. Aaron Hayman van die navorsingsgroep het in gesprek met Newzroom Afrika gesê dit op die lappe gekom toe vier Namibiese polisiebeamptes in 2022 plaaslik gearresteer is . Destyds is 187 wapens gekoppel aan die saak. Hayman sê daar is inherente oorsig uitdagings in die plaaslike polisiemag.

Hy voeg by daar is reuse-uitdagings met smokkelary uit die Namibiese weermag. 

Die wapens word volgens Hayman gesmokkel deur twee vervoermaatskappye wat vrugte en groente na Namibië invoer.