Shikongo v Amushelelo weer in die hofSeptember 10, 2025
Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo saak teen aktivis Michael Amushelelo sal vanoggend in die hoërhof voor regter Boas Usiku weer voorkom. Die hof het vroeër vir Amushelelo skuldig bevind aan minagting van die hof maar, vir ‘n ander saak en dus, het die dringendheid in die saak weggeval. Amushelelo moet nog stukke indien en dus vra die partye die hof om die saak tot 15 Oktober uit te stel. Die saak is kompleks en Amushelelo kan in wese tronkstraf kry as gevolg van sy vorige skuldigbevinding.