Von Bachdam se sluise getoets, 100% funksioneel: NamWaterSeptember 10, 2025
Die sluise van die Von Bachdam word elke jaar voor die reënseisoen getoets om seker te maak dat dit in ‘n goeie werkende toestand is. NamWater het aangekondig dat sy Khomas instandhoudingspan en sleutel-belanghebbendes tussen 1 en 5 September die sluise se operasionele werking suksesvol getoets het. NamWater sê die belangrike toets verseker dat die sluise ten volle funskioneel is om stormwater uit te laat, indien nodig. Dit help om moontlike beskadiging van infrastruktuur te voorkom en beskerm gemeenskappe teen potensiële vloedrampe.