Eagles op pad na Zim vir T20-reeks, Wêreldbeker-kwalifiseerdersSeptember 11, 2025
Namibië se mans-krieketspan, die FNB Eagles, vlieg môre na Zimbabwe vir ‘n T20-reeks van drie wedstryde, voor die T20 Afrika Wêreldkampioenskap-kwalifiseerders aan die einde van die maand. Al drie wedstryde sal by die Queens-sportklub in Bulawayo gespeel word. Die Wêreldbeker-kwalifiseerders sal op 26 September in Harare begin. In Harare sal Namibië en Zimbabwe sake met ses ander Afrika-lande uitspook vir die top twee plekke, wat kwalifiseer vir volgende jaar se T20 Wêreldkampioenskap in Indië en Sri Lanka. Namibië is in ‘n groep saam met Malawi, Nigerië en Kenia, terwyl die ander groep bestaan uit Zimbabwe, Uganda, Tanzanië en Botswana.