FirstRand Namibia verklaar stewige dividendSeptember 11, 2025

Die plaaslik genoteerde FirstRand Namibia het ‘n wins ná belasting van meer as 1,9 miljard Namibiese dollar vir die jaar geëindig 30 Junie 2025 verklaar, sowat 12 persent meer is as die vorige boekjaar. Die groep, moedermaatskappy van onder andere FNB Namibia, het ‘n finale dividend van 284,02 sent per gewone aandeel verklaar, wat die totale dividend vir die jaar op 476,34 sent te staan bring. Vergeleke met die 2024-boekjaar, is dit ‘n styging van bykans 35 persent.