Inflasie koel af, maar kos bly duurSeptember 11, 2025
Namibië se jaarlikse inflasiekoers bly afkoel en het in Augustus tot 3,2 persent gedaal, teenoor 4,4 persent ‘n jaar gelede. Inflasie vir voedsel en nie-alkoholiese drankies het jaar-op-jaar onveranderd op 5,2 persent gebly. Jaarlikse inflasie vir vleis het egter van 5,2 persent tot 8,3 persent gestyg. Die woordvoerder van die Namibiese Statistiekagentskap, Mirjam Shihepo, het meer.