Medisynetekort amper verby, sê ministerSeptember 11, 2025

Die gesondheidsministerie het direk met 41 internasionale vervaardigers en groothandelaars geskakel om die verskaffing van noodsaaklike medisyne plaaslik te stabiliseer. Minister Esperance Luvindao sê dié noodverkrygingsmaatreëls sal voorraadvlakke na 75% herstel, vergeleke met 57% die afgelope twee jaar. Met die nuwe maatreëls het die regering ook 221 miljoen Namibiese dollar gespaar deur die middelman uit te skakel, sê sy.