Springbok-vroue gereed vir geskiedkundige kwarteindstrydSeptember 11, 2025

Rugby: Die Springbok-Vroue legende, Sinazo Mcatshulwa sal Saterdag haar 42ste wedstryd vir die Springbokke speel wanneer hulle Nieu-Seeland in die kwarteindronde van die Vroue-wêreldbeker in Exeter, England, aandurf. Die span is sonder Chumisa Qawe wat geskors is nadat sy ‘n rooikaart teen Frankryk gekry het. Dit word verwag dat die span vandag aangekondig word, met Mcatshulwa wat hoop om die nommer sewe trui te dra. Sy sê die span is opgewonde dat hulle die kwarteindronde gehaal het en dit is goed vir hulle selfvertroue.