Amupanda beweer AR-lid in NV aangerandSeptember 12, 2025
Chaos wat Donderdag in die parlement uitgebreek ná ‘n onderonsie tussen die AR-leier Job Amupanda en Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila, maak steeds opslae. Ná hy en nog ‘n AR-parlementslid, Tuhafeni Kalola, hardhandig uit die Nasionale Vergadering verwyder is, moes Kalola mediese behandeling kry, het Amupanda die Huis meegedeel ná verrigtinge hervat is.
Intussen sê die sekretariaat van die Nasionale Vergadering Amupanda en Kalola het die dragkode van die parlement oortree. Die Speaker mag lede laat verwyder wat die parlement ontwrig, het die sekretariaat Donderdagaand in ‘n verklaring gesê.