Gholf: SA se Jarvis derde in BMW PGASeptember 12, 2025
Ludvig Åberg van Switserland het 8 onder 64 geslaan om met een hou voor te loop saam met Frances Tom Vaillant, na ʼn reën-ontwrigte aanvangsronde van die BMW PGA-kampioenskap by Wentworth, Engeland. Die Suid-Afrikaner Casey Jarvis met sewe onder, is een hou agter in die derde plek. Matt Fitzpatrick van Engeland is twee agter en die Noorweër, Viktor Hovland, Shane Lowry van Ierland, en Justin Rose van Engeland is almal drie houe agter na ʼn vroeë voorsprong. Rory McIlroy van Noord-Ierland is vyf houe agter na ʼn aanvangsronde van 69.