N$6 m vir hupstoot vir suiwelbedryfSeptember 12, 2025
Die landbouministerie gaan ses miljoen Namibiese dollar in die huidige begrotingsjaar in ‘n skema in verskeie streke belê om die waardeketting in die suiwelbedryf te ontwikkel. Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ndiyakupi Nghituwamata, is dit ‘n poging om melkproduksie te bevorder. Die projek gaan vanjaar in Otjozondjupa, Omaheke, Hardap, Oshikoto en die Zambezi-streke van stapel gestuur word en 150 bestaande suiwelprodusente sal daarby baat.