Newco kry groenlig vir Barloworld-oornameSeptember 12, 2025
Die Namibiese Mededingingheidskommissie het Newco se oorname van die JSE-genoteerde Barloworld onvoorwaardelik goedgekeur. Suid-Afrika se owerhede het ook reeds die groenlig gegee. Die enigste regulatoriese goedkeuring wat nog vir dié transaksie van 23 miljard Suid-Afrikaanse rand benodig word, is dié van Angola en die Gemeenskaplike Mark vir Oos- en Suider-Afrika, oftewel Comesa.