Oryx belê miljoene in inkoopsentrumsSeptember 12, 2025
Plaaslik-genoteerde Oryx Properties het in die afgelope boekjaar altesaam 146 miljoen Namibiese dollar in die verbetering van sy eiendomme belê. Hiervan was 52 miljoen dollar bestee aan die eerste fase van die herontwikkeling van die Maerua-inkoopsentrum en 57 miljoen aan die ontwikkeling van die Goreangab-inkoopsentrum. Tydens die vrystelling van die groep se resultate vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2025, het uitvoerende hoof Ben Jooste gesê die eiendomsektor is op koers om geleidelik te herstel.