Vise-president van Suid-Soedan aangekla van moordSeptember 12, 2025

Suid-Soedan se eerste vise-president Riek Machar is aangekla van moord, hoogverraad en misdade teen die mensdom. Die justisieminister, Joseph Geng Akech, sê die aanklagte hou verband met ‘n aanval in Maart deur ‘n militia wat na bewering aan hom gekoppel is. Magte wat lojaal aan Machar was, het ‘n vyf-jaar-lange burgeroorlog teen ondersteuners van president Salva Kiir gevoer totdat ‘n vredesooreenkoms in 2018 die gevegte beëindig het. Sewe ander is saam met Machar aangekla, waaronder die petroleumminister en die leër.se personeelhoof.