Springbokke frommel All Blacks op, Los Pumas klop WallabiesSeptember 13, 2025

In ‘n opwindende kragmeting het die Springbokke die All Blacks 43-10 opgefrommel in hul tweede Rugbykampioenskap-toets in Wellington. Die 33 punte verskil is die All Blacks se grootste verlies tuis ooit. In Sydney het Argentinië daarin geslaag om ‘n laaste-minuut-aanslag deur die Wallabies te troef en die wedstryd met 28-26 gewen. Los Pumas het teen rustyd met 12 punte voorgeloop. Al vier spanne het nou twee oorwinnings en twee nederlae oor vier rondes in die kompetisie.