BoN ontleed informele sektorSeptember 14, 2025

Die Bank van Namibië beplan ‘n gedetaileerde ontleding van die land se informele sektor. Dit is in aanloop tot die wetlike erkenning van sulke besighede, wat rigting sal gee aan beleid en ondersteuning. Die regering beoog om 950 informele besighede teen 2030 by die formele sektor te betrek as deel van die Sesde Nasionale Ontwikkelingsbeplan.