Duisende meisies teen servikale kanker ingeëntSeptember 14, 2025

Sowat 65 000 meisies van nege tot 14 jaar in al 14 streke is tydens die eerste twee weke van die gesondheidsministerie se veldtog teen servikale kanker in Augustus ingeënt. Nagenoeg 232 000 meisies word met dié veldtog geteiken. Servikale kanker bly ‘n gesondheidsuitdaging in Namibië met ‘n beraamde 350 nuwe gevalle en meer as 200 sterftes elke jaar.