Nederlandse toeris sterf in ongeluk naby WalvisSeptember 14, 2025

‘n Nederlandse toeris is Saterdag in ‘n motorongeluk op die C-14-pad na Walvisbaai dood. Dié 68-jarige vrou is op die toneel oorlede en was deel van ‘n groep van nog ses ander toeriste. Die bestuurder van die voertuig het glo beheer daaroor op ‘n afdraande verloor en die voertuig het gerol. Die ses toeriste en hul Namibiese toerleier is met ligte beserings in ‘n hospitaal op Walvisbaai behandel. Die bestuurder het ongedeërd daarvan afgekom.