Atletiek: Oblique Seville wen goud in 100 mSeptember 15, 2025
Die 24-jarige Oblique Seville het sy Jamaikaanse landgenoot, Kishane Thompson, geklop om goud te verower in die mans 100-meter by die Wêreldatletiekkampioenskap in Tokio. Die verdedigende kampioen Noah Lyles van die VSA het die brons gewen. Dit is Jamaika se eerste wêreldnaelooptitel sedert Usain Bolt in 2016. Die Suid-Afrikaanse duo Gift Leotlela en Akani Simbine het onderskeidelik vyfde en sewende geëindig. Die SA-rekordhouer in die vroue 100-meter hekkies, Marione Fourie, is deur na die halfeindronde en die Suid-Afrikaanse kampioen, Zakithi Nene, en sy landgenoot is deur na die mans 400-meter halfeindronde.