Kirk-gedenkdiens Sondag in ArizonaSeptember 15, 2025
‘n Gedenkdiens sal op 21 September vir die regse aktivis Charlie Kirk by State Farm Stadion in Arizona gehou word. Die stadion het sitplek vir meer as 60 000 mense. Die 31-jarige Kirk is Woensdag tydens ‘n buitelugbyeenkoms in Utah doodgeskiet. Sy vermeende moordenaar, Tyler Robinson, is in hegtenis geneem nadat hy homself aan die polisie oorgegee het. Die hoofkantoor van Turning Point USA is in Arizona waar Kirk en sy gesin gewoon het. Hy was ‘n omstrede figuur in Amerikaanse politieke sirkels. Trump het aangekondig dat hy postuum ‘n Presidensiële Medalje van Vryheid aan hom sal toeken.