Kontrasterende temperatuurafwykings in AugustusSeptember 15, 2025

Namibië het in Augustus kontrasterende temperatuurafwykings ondervind, met koeler as normale toestande wat oor die grootste deel van die westelike, noordelike, uiterste noordoostelike en sentrale dele van die land geheers het. Die Namibiese meteorologiese diens sê die temperatuur het in hierdie gebiede tot soveel as 3,5 grade Celcius onder normaal gedaal. Die warmste afwykings was in areas in die ooste en ‘n gebied in die uiterste noordooste, waar die temperatuur tot 3 grade Celcius bo normaal gestyg het. Daarbenewens het die meeste van die suidelike-, sentrale-, noordwestelike en oosterse gebiede matig warmer as die gemiddelde toestande aangeteken, met afwykings van tot 1,4 grade Celsius bo normaal.