Man verloor N$188 870 in bankslenterSeptember 15, 2025

‘n Swendelaar het ‘n 31-jarige Namibiese man Vrydagmiddag van meer as 188 000 Namibiese dollar beroof. Die verdagte het die man gebel en hom glo gewaarsku dat iemand geld uit die slagoffer se bankrekening probeer onttrek. Die verdagte het gesê hy kan die slagoffer help, maar dan moet hy die geld na sy rekening oorplaas. Die slagoffer het oënskynlik vir die slenter geval en is nou 188 870 dollar kwyt. Die polisie kon nog niemand vastrek of die geld terugvind nie.