Nóg lande moet nou visums vir Namibië hêSeptember 15, 2025

Swede, Palestina en die Bahamas is onder die bykans 40 bykomende lande wie se burgers voortaan ook visums nodig gaan hê as hulle Namibië besoek. Inligtingsminister Emma Theofelus sê dit was deel van die jongste kabinetsbesluite. Die visums word ook met aankoms uitgereik en kos 400 Namibiese dollar stuk.