Pa verwurg glo kinders, oorhandig homself aan polisieSeptember 15, 2025
‘n Namibiese man van 33 jaar het homself vanogggend aan die polisie op Okatope oorhandig ná hy Sondagaand na bewering sy twee kinders naby ‘n nedersetting in Oshikoto verwurg het. Die oorledenes is sy vierjarige dogtertjie en tweejarige seuntjie. Die verdagte het ná die moorde teksboodskappe aan die kinders se ma en familielede gestuur en gesê waar om hul liggame te vind. Die polisie-ondersoek duur voort.