Rugby: Vier vrouespanne spook om WêreldbekerSeptember 15, 2025

Die vier voorste vrouerugbyspanne is deur na die Vrouewêreldbeker se halfeindronde. Die verdedigende kampioene van Nieu-Seeland het Suid-Afrika met 46–17 verpletter en is reg vir ʼn opwindende halfeindronde Vrydag teen die wêreld-nommer-twee, Kanada, wat Australië in die kwarteindronde met 46–5 afgeransel het. In die ander deel van die trekking kom Engeland, die gasvrouspan en wêreld-nommer-een, Saterdag in Exeter teen Frankryk te staan. Engeland het Skotland met 40-8 verslaan terwyl Frankryk die Iere naelskraaps met 18-13 geklop het.