EU-hoës land môre in NamibiëSeptember 16, 2025
‘n Hoëvlak-afvaardiging van die Europese Unie land môre in Namibië vir ‘n driedaagse besoek oor hoe die magsblok se Global Gateway-beleggings in plaaslike groennywerhede werkskepping en ekonomiese groei in die land kan bevorder. Die afvaardiging is onder leiding van die EU se kommissaris vir internasionale vennootskappe, Jozef Síkela. Hulle sal onder andere met president Netumbo Nandi-Ndaitwah en rolspelers in die private sektor ontmoet.