Gholf: Viktor Hovland maak buiging in SASeptember 16, 2025
Die Noorweegse ster, Viktor Hovland, maak sy eerste buiging in Suid-Afrika wanneer hy in die Nedbank Gholfuitdaagtoernooi afslaan. Die toernooi ter ere van Gary Player word van 4 tot 7 Desember op die Gary Player-buitebaan gespeel. Hovland maak volgende week sy derde agtereenvolgende verskyning by die Ryder Cup by Bethpage Black in Farmingdale, New York, met Span Europa wat probeer om die trofee te behou wat hulle twee jaar gelede gewen het. Hovland, die wêreld se nommer 11, is die eerste Noorweër wat al op beide die DP World-toer en die PGA-toer gewen het.