Hollywood-ikoon Robert Redford sterfSeptember 16, 2025

Die Hollywood-ikoon Robert Redford het op 89-jarige ouderdom gesterf. Sy reklame-agent, Cindi Berger, sê hy is vroeër vandag oorlede “in Sundance in die berge van Utah – die plek wat hy liefgehad het, omring deur diegene wat hy liefgehad het.” Sy het bygevoeg dat die gesin privaatheid versoek. Die afgetrede akteur wat regisseur igeword het, het in films soos Butch Cassidy and the Sundance Kid, All the President’s Men en Out of Africa gespeel. Hy het in 1980 die Oscar vir beste regisseur gewen vir Ordinary People. Redford was ook die stigter van die Sundance-filmfees in Utah, wat onafhanklike films bevorder.