Israel loods grondaanval op GazastadSeptember 16, 2025

Israel het vroegoggend sy langverwagte grondaanval op Gazastad geloods, kort nadat die besoekende Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, Israel se doelwit goedgekeur het om Hamas in Gaza te vernietig. ‘n Ondersoek van die Verenigde Nasies het Israel intussen aangekla van volksmoord in die Palestynse streek, en eerste minister Benjamin Netanyahu en ander senior ampsdraers van aanhitsing. Die Weermag het gedurende die nag ‘n reuse-aanslag op Gaza-stad ontketen, met Israelse soldate wat verder inbeweeg het in die streek se grootste stedelike gebied.