Ithete gaan kyk na Namdia-sekuriteitSeptember 16, 2025

Die minister van myne, Natangue Ithete, het Namdia Maandag besoek om homself en sy span op hoogte te bring met die verskerpte veiligheidsmaatreëls wat dié diamantmaatskappy ingestel het ná dit in Januarie vanjaar beroof is. Volgens die Namdia-voorsitter Justus Hausiku gaan dié maatreëls die maatskappy meer weerstandig maak en help om die publiek se vertroue terug te wen. Ander uitdagings wat Namdia in die gesig staar, is markskommeling en veranderings in verbruikersvoorkeure, sê Hausiku.