Krieket: Namibië in groot stryd vandag teen ZimbabweSeptember 16, 2025

In krieketnuus het Zimbabwe Namibië Maandag met 33 lopies in hul eerste T20-wedstryd in Bulawayo verslaan. Zimbabwe het 211 lopies vir die verlies van drie paaltjies aangeteken, terwyl die Namibiese telbord op 178 lopies vir die verlies van sewe paaltjies gestaan het. Die twee spanne kom vandag om halftwee weer teen mekaar te staan. Namibië sal vandag moet wen om ‘n kans in die reeks van drie wedstryde te staan.