Olifante help honger stilSeptember 16, 2025

Sowat 142 ton olifantvleis is as deel van die regering se inisiatief vir droogteverligting aan huishoudings in agt streke versprei, sê eerste minister Elijah Ngurare. Sowat 1,4 miljoen mense landswyd het voedselhulp van die regering ontvang, wat ook ander wildsvleis ingesluit het. Die program, wat nou amptelik afgehandel is, het die regering ‘n beraamde 1,3 miljard Namibiese dollar gekos.