Bykans 3 000 onwettige visnette gekonfiskeerSeptember 17, 2025

Meer as 2 800 visnette en meer as 2,7 ton vis is sedert 2023 in die twee Kavango-streke as deel van onwettige bedrywighede gekonfiskeer. Volgens die uitvoerende direkteur van water en marienebronne in die visseryeministerie, Teofilus Nghitila, voer die ministerie ‘n verbete stryd teen onwettige visvang langs die Kavangorivier, ‘n bedreiging vir die varswater-ekostelsel. ‘n Afname in visgetalle word die afgelope paar jaar in beide streke bespeur, sê hy.