Gesondheid, landbou suig aan agterspeen in nuwe voertuig-begrotingSeptember 17, 2025

Die sentrale regering het sy begroting vir nuwe voertuigverkope in die 2025/26 boekjaar met 14,8 persent verhoog tot ‘n 12-jaar hoogtepunt van 384 miljoen Namibiese dollar, met die veiligheidskluster wat byna die helfte kry. Die meeste hiervan gaan weer na die veiligheid- en sekuriteitsministerie en die verdedigingministerie, wat tot dusver geen openbare tenders uitgereik het nie, berig die Tender Bulletin. Dit laat die ministeries van gesondheid en van landbou weer met minder as ‘n kwart van wat oorbly, terwyl die regeringswerkwinkel vir die negende agtereenvolgende jaar glad nie genoem word nie. Ten spyte hiervan kry die regeringswerkwinkel dit reg om nuwe voertuie te koop, sonder ‘n begroting.