Hie-ha! Die wêreld vier CountrymusiekdagSeptember 17, 2025

Dit is vandag Internasionale Countrymusiekdag, waarop een van die wêreld se gewildste musiekgenres gevier word. Countrymusiek het sy oorsprong in die landelike suide van Amerika en sy wortels is in blues, kerk- en Amerikaanse volksmusiek. Dis ook vandag Hank Williams se verjaarsdag – hy sou 102 jaar oud gewees het. Williams is een van die invloedrykste countrymusikante van die 20ste eeu. Sy treffers sluit gewilde liedjies in soos Hey, Good Lookin’ en Your Cheatin’ Heart. Ander gewilde countrymusikante is Dolly Parton, Tim McGraw, Willie Nelson, Carrie Underwood, Keith Urban en Shania Twain.