Israel sê daar’s tydelike roete vir vlugtelinge uit GazastadSeptember 17, 2025

Die Israelse weermag sê hy het ‘n nuwe tydelike roete geopen vir mense om van Gazastad te vlug, terwyl hy voortgaan met ‘n grootskaalse grondaanval om Hamas te vernietig. Die weermag het Dinsdag voor dagbreek ‘n massiewe bombardement op Gasa-stad begin en troepe dieper in die Gaza-strook se grootste stedelike gebied ingestuur. Dit kom te midde van ‘n ondersoek deur die Verengide Nasies wat Israel beskuldig het van “volksmoord” in die Palestynse streek en beweer dat eerste minister Benjamin Netanyahu en ander senior beamptes dié misdaad aangehits het.