Masels breek uit in Opuwo-distrikSeptember 17, 2025

Gesondheidsminister Esperance Luvindao het ‘n maselsuitbreking in die Opuwo-distrik in Kunene verklaar. Volgens die minister is 20 mense sedert Vrydag vir die siekte getoets en tien gevalle is bevestig. Die meeste van die bevestigde gevalle is mense wat nie teen masels ingeënt is nie, sê sy. Die ministerie gaan gevolglik vandag met inentingsveldtog in geraakte plekke begin, wat tot 3 Oktober duur. Meer as 28 000 kinders van ses tot 15 jaar word geteiken.