Meer as N$800 m se data in tweede kwartaal verbruikSeptember 17, 2025
Dataverbruik in Namibië genereer sedert die laaste drie maande van 2024, telkens inkomste van meer as 800 miljoen Namibiese dollar vir verskaffers elke kwartaal. Dit is beduidend meer as die bykans 600 miljoen dollar aan die begin van 2022. Namibiërs het in die tweede kwartaal van vanjaar 821 miljoen dollar aan data bestee, toon die jongste syfers wat Dinsdag deur die Namibiese Regulatoriese Owerheid vir Kommunikasie, oftewel Cran, vrygestel is.