N$480 m in telekommunikasie in eerste halfjaar belêSeptember 17, 2025

Sowat 480 miljoen Namibiese dollar is in die eerste ses maande vanjaar in die plaaslike telekommunikasiesektor belê, vergeleke met 510 miljoen dollar in dieselfde halfjaar in 2024. Die Namibiese Regulatoriese Owerheid vir Kommunikasie, oftewel Cran, sê in sy jongste verslag Telecom Namibia en Paratus Telecommunications het beduidende beleggings in die eerste twee kwartale vanjaar gemaak.