Só lyk die stand van damme in NamibiëSeptember 17, 2025
Die sentrale dele se waterbronne staan op 72,6 persent, met die Von Bach op 93 persent na wateroordrag, volgens NamWater se jongste dambulletin. Die Swakoppoort is op 86,7 persent en die Omatako op 29,6 persent. Die totaal is heelwat meer as die 13,6 persent wat dieselfde tyd verlede jaar gemeet is. In die ooste is die totale bronne op 28 persent teenoor verlede jaar se 1,5 persent. Die Otjivero by Gobabis het 44,3 persent gemeet. Die suide se damme is 88,1 persent vol met die Naute op 92,6 persent en die Oanob op 69,6 persent. Hardap het 64,6 persent water teenoor verlede jaar se 8,3 persent. Die Olushandja in die noorde staan op 65,1 persent, vergeleke met 45,8 persent verlede jaar.