Wraak: Eks se motor met sout en glitter saboteerSeptember 17, 2025
Vandag het ons ‘n storie van wraak wat soos iets uit ‘n fliek klink. Dit bewys dat ‘n verhouding wat sleg eindig, dikwels ‘n bitter nasmaak kan laat.
‘n Vrou van Kentucky, die 31-jarige Stephanie Calrquist, is in hegtenis geneem nadat sy glo haar eks-kêrel se kar verwoes het. Volgens hofstukke het sy byna US$12 500 (ongeveer N$216 000) se skade aangerig, en dit alles oor slegs vyf dae.
Stephanie het nie gewone wraak geneem nie; sy was kreatief. Sy het ‘n sak sout in die enjin gegooi en toe haar werk voltooi met ‘glitter’ in die lugversorger.
Asof dit nie genoeg was nie, het sy ook die kar se voorruit en spieëls gekraak, en die radio se skerm stukkend geslaan.
Die polisie het haar uiteindelik Donderdag gearresteer. Sy is tans in die tronk en kan slegs vrygelaat word as sy borg van US$12 000 (ongeveer N$200 000) betaal.
Dit wys net weer dat “wraak soos ‘n gif is wat jy drink en dan wag vir die ander persoon om te sterf.” Dis ongelukkig die vrou wat uiteindelik die gevolge van haar dade sal moet dra.
