African Stars takel Vipers SC in Kampioeneliga-kwalifiseerderSeptember 18, 2025

Namibië se sokkerkampioene, African Stars, sal hul Afrika Kampioeneliga-veldtog môre afskop teen die Ugandese kampioene, Vipers SC, in ‘n eerste rondte, eerste been-kwalifikasie wedstryd in Kaapstad. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat Stars aan die kontinentale toernooi deelneem. Die wenner op puntetotaal sal die puntetotaal-wenner tussen die Zambiese liga-kampioene Power Dynamos en die Ivoorkus-liga se naaswenners, ASEC (Ysek) Mimosa, in die tweede kwalifiserende rondte aandurf. Die wedstryd begin 6-uur môre-aand by die Athlone-stadion. Stars en Vipers sal hul eerste rondte, tweede been-wedstryd op 27 September in Kitende in Uganda, speel.