Drie polisiebeamptes vas oor beweerde aanranding by SpitzkoppeSeptember 18, 2025
Drie polisiebeamptes is gearresteer in verband met die beweerde aanranding op Melvin //Areseb sowat drie weke gelede by Spitzkoppe, en verskyn vandag in die landdroshof op Usakos. //Areseb se regsverteenwoordiger, wat pro bono optree, het intussen aan die media gesê //Areseb gaan die polisie vir drie miljoen Namibiese dollar dagvaar en ook skadevergoeding van die drie beskuldiges in hul persoonlike hoedanigheid eis.