Fed verlaag rentekoerse in AmerikaSeptember 18, 2025

Amerika se Federale Reserwe het rentekoerse Woensdag met 25 basispunte verlaag, die eerste verligting sedert Desember. Die goewerneur van die Fed, Jerome Powell, het die verlaging veral aan ‘n verswakking in die arbeidsmark toegeskryf en gesê nóg koersverlagings kan later vanjaar volg.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank maak vandag sy monetêre beleidsaankondiging. Die gerekende ekonoom Dawie Roodt het Woensdag aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy verwag nie ‘n verlaging in rentekoerse in die buurland nie. Dit beteken waarskynlik ook geen verligting vir Namibiërs in die nabye toekoms nie.