Gesondheid ontplooi span teen masels in Opuwo-distrikSeptember 18, 2025
Die gesondheidsministerie het ‘n span in die Opuwo-distrik ontplooi ná masels daar uitgebreek het. Daar is tans tien bevestigde gevalle in die distrik. Noodreaksiemaatreëls, insluitende die isolering van pasiënte, is ingestel. Die ministerie het Woensdag met inentingsveldtog in geraakte areas begin, wat tot 3 Oktober duur. Dertien inentingspanne, wat 44 verpleegsters insluit, is ontplooi. Meer as 28 000 kinders van ses maande tot 15 jaar word geteiken.